Welkom by Hennopshoekie naskool – en vakansieskool se webwerf.
Hennopshoekie is gerig daarop om die beste naskool sorg vir u kinders te verseker. Die dienste wat ons verskaf is die volgende:
- Huiswerkhulp deur ervare personeel.
- Voorsiening van gebalanseerde middagetes.
- Genoeg speeltyd onder toesig.
- Leerders word vergesel van en na buitemuurse aktiwiteite by Laerskool Hennopspark.
- Addisionele hulpverlening met skoolwerk.
- Voorbereiding vir toetse en eksamens.
Weet dat dit ons doel is om aan u kind die beste sorg te gee.
Hennopshoekie is ook ‘n vakansieskool wat in alle skoolvakansies oop is vanaf 07:00 – 17:30. In Desember vakansies is ons ‘n week na die skole sluit en ‘n week voor die skole weer open oop. Indien u van ons dienste gebruik wil maak, kontak ons gerus om meer uit te vind.
By die vakansieskool word die volgende aan u kind verskaf:
- Ontbyt bestaande uit mieliepap, oats of maltabella.
- Gebalanseerde middagetes bestaande uit vleis, stysel, en groente.
- ‘n Vrug vir laatmiddag happie.
- Genoeg speeltyd onder toesig.
- Pret aktiwiteite soos skeppende kunste, musiek en speletjies.
- Ons beskik ook oor ‘n TV en DVD speler vir koue of reen dae.